Die pad wat ek stap

Die pad wat ek stap is nie altyd die pad waarop ek noodwendig wil wees nie, maar soms vat mens afdraaipaadjies waaroor jy nie mooi gedink het nie, en dan vat dit soms lank om weer by die “regte pad” uit te kom.

Al ooit gevoel om die tyd terug te draai en jou lewenspaadjie oor te begin loop? Wat sal jy die keer anders doen? Sal jy dalk weer dieselfde paadjies kies net omdat hulle al so deel is van jou en die uitgetrapte paadjies veiliger lyk as die wat bietjie ongebruik is? Sal jy die keer meer waaghalsig en avontuurlik wees en die onbekende paadjies probeer? Wie weet waarheen hulle kan lei…

Ek het een keer iewers iets gelees wat ek nie presiés kan onthou nie, maar dit kom daarop neer dat as jy jou lewenspad in ‘n boks kon sit saam met ‘n klomp ander mense se lewenspaadjies, sal mens op die ou end maar weer jou eie paadjie kies omdat dit veel makliker en minder gekompliseerd is as ander mense sin.

Dalk is dit maar ‘n geval van, dat dit makliker is om bekende probleme te konfronteer as onbekendes, of dalk besef mens net dat jy soveel minder het om oor te kla as ander. Soms moet jy net vrede maak met die pad waarop jy noú is en probeer fokus op die mooi dinge langs jou pad.

Ek dink ek sal maar hou op die paadjie waarop ek huidiglik is, ek besef elke mens het maar sy op en af- draandes, kronkelpaadjies en afdraaipaadjies. Die belangrikste deel is seker om gefokus te bly op die eind bestemming, jou beste te doen om nie rigting te verloor nie,en nié te vergeet om tyd te maak vir die beseerdes langs jou pad nie.

My gebed vir jou is dat jy ook sal vasbyt op jou lewenspad, dat jy ‘n deurbraak sal ervaar as dit is wat jy nodig het, of dat die steil op-draandes in makliker af-draandes sal verander. Weet net dat jy nie alleen hoef te stap op jou lewenspaadjie nie…

2-Explore-Blurb-550-173564057-500x340

No man is an Island

Ons almal ken die quote,  maar vandag het ek die eerste keer gewonder waar dit vandaan kom siende dat ek dit as my titel vir hierdie inskrywing gebruik het. Dis eintlik vreeslik mooi, maar voor ek dit deel kom ek deel net gou my eie gedagtes.

Ek het vandag ‘n nuwe “follower” gekry, en soos met elke nuwe “follower” doen dit my hart goed om te weet ek skryf nie net aan myself nie, maar het darem ‘n bietjie van ‘n gehoor.

Wat ek ook net weer besef het is dat elkeen van ons ‘n storie het om te vertel, ‘n lief en leed het,  en dat ons tog op ‘n vreemde manier van mekaar afhanklik is

WANT

“No man is an Island”        Robinson Crusoe's blog.

This is a quotation from John Donne (1572-1631). It appears in Devotions upon emergent occasions and several steps in my sickness – Meditation XVII, 1624:

“All mankind is of one author, and is one volume; when one man dies, one chapter is not torn out of the book, but translated into a better language; and every chapter must be so translated…As therefore the bell that rings to a sermon, calls not upon the preacher only, but upon the congregation to come: so this bell calls us all: but how much more me, who am brought so near the door by this sickness….No man is an island, entire of itself…any man’s death diminishes me, because I am involved in mankind; and therefore never send to know for whom the bell tolls; it tolls for thee.”

Palm Sondag, vervolging , is ons gereed?

Vandag het ons Palm Sondag gevier by ons kerk. Palm Sondag  gaan oor die viering van Jesus se triomfanklike intog in Jerusalem en die laaste sewe dae van Sy bediening hier op aarde voordat Hy gekruisig was.

Ons het regtig ‘n baie geseënde diens gehad en saam nagmaal gebruik. Nou kan ek myself nie voorstel hoe dit sou wees as iemand ons kerk binne gestorm het met ‘n bom aan homself vasgemaak en die meeste van ons se lewens geneem het nie. Of dat ek dit dalk gemaak het maar my man of kind nie meer vanaand met my is nie.

Julle, terwyl ek hierdie blog begin skryf het en so bietjie oor Palm Sondg nagelees het, lees ek toe dat dit juis is wat vandag in twee kerke in Egipte gebeur het. Hoe hartseer is dit nie? Weet ons as Suid Afrikaanse Christene wat dit is om vervolg te word en is ons sterk genoeg, toegerus met die wapenrusting sou dit dalk met ons ook gebeur.

Kom ons dink en bid vanaand spesiaal aan daai gesinne en mede volgelinge van Jesus, en selfs vir hulle wat agter alles sit, want is dit nie juis waarvoor Hy aan die kruis kom sterwe het nie? Om ALMAl wat gesondig het te vergewe…

Om nie te oordeel nie

Dis seker dié moeilikste ding om nie te doen nie, en dié ding wat ons almal so amper half natuurlik doen. Ons kyk net na iemand, spesifiek as mens iemand vir die heel eerste keer sien of ontmoet, en automaties skep ons ‘n prentjie van wie of wat ons dink die persoon is. Ons plaas mense in boksies nog voor ons regtig die boek binne die omslag gelees het, en leer ken het, en tyd mee spandeer het.

Gedurende die afgelope week vertel iemand my dat sy tot dusver nog nêrens in die bybel ‘n plek kon vind waar Jesus iemand veroordeel het nie. Hy het wel kwaad geword vir die mense wat handel gedryf het in die tempel, maar nêrens veroordeel Hy nie.

Gelowiges is ook baie keer so besig om mense te oordeel en te vertel wat hulle mag en nie mag doen nie dat die liedjie van Casting Crowns dit so raakvat as hulle die volgende woorde sing:

“Nobody knows what we’re for
Only what we’re against
When we judge the wounded
What if we put down our signsCrossed over the lines
And loved like You did”

Ek self het nodig om baíé versigtig te wees om nie so “onskuldig” besig te wees om ander te oordeel dat al wat mense op die ou end van my sal weet is waarvoor ek NIE staan nie i.p.v dat hul weet waarvoor ek WEL staan en dit wat so naby aan my hart is.

e6890cfa5bd9d6af4de96acadbc8df8d

Arise Warrior

Hulle sê seker nie verniet dat hoe ouer mens word hoe vinniger loop die tyd nie.  Hier staan ons al wraggies aan die einde van die eerste week in Maart 2017!

Nou ja, ek het aan die begin van die jaar myself uitgedaag om te Step up & Step forward, en jy mag dalk wonder “And how is that going for you?”  Wel, ek staan beslis nog nie inlyn vir die Nobelprys vir Vrede of iets dergliks nie, maar ek probeer myself verseker beskikbaar maak waar ek ookal kan.

Snaaks mos hoe ou Murphy werk. Sodra jy uitkyk vir iets is dit amper asof daai selfde “iets” jou júis bly ontwyk.

Ek was die afgelope naweek by ‘n Dames Konferensie (Arise Warrior Women’s Conference) by die bekende Moreleta Park gemeente in Pretoria.  Ek het dit vreeslik geniet en was baie geinspireer deur die vyf verskillende sprekers se praatjies.  Een van die draadjies wat deur almal se boodskappe verweef was, is dat ons as Sy kinders, of sterker gestel, Sy krygsvroue ons moue moet begin oprol en onsself beskikbaar stel vir ‘n stukkende, oorlog geteisterde wêreld daar buite.  Kerke moet soos ER’s begin funksioneer, hul moet gevul2049644069-a1a62bbde05a8cf80698b3a73fc309a9 word met die “beseerdes” instede daarvan om gevul te word of tevrede te wees met die wat alreeds deel is, en wat Sondag na Sondag blink,vet gevoer word met die woord maar niks daarvan gaan uitdeel vir die met eina’s en seer rondom hulle nie.

Daders van die woord, Liefde sonder oordeel, word ‘n medemens wat raaksien en hoor en nie anderkant toe kyk en hoop die volgende ou sal die “beseerde” langs die pad kom versorg nie.  Nee! wees jý die een wat jou moue oprol en sê: “Hoe kan ek help?” Wees jý die een wat bereid is om die ekstra myl te loop.  Maar die realiteit is dat ons elkeen só besig is met ons éie lewens en ons éie seer en ons éie probleme dat ons asseblief tog nie kans sien vir ‘n ander ou sin ook nie!

Elkeen vir homself!  Dis mos die slagspreek wat aan die orde van die dag is. Ons is te bang om by ander betrokke te raak, ons bou hoë mure en heinings met skerp punte om ons eie lewens te beskerm.  Ons raak senuweeagtig of kwaad of ongemaklik as die verkeerslig vir ons rooi slaan en ons moet stop langs die man met die bordjie in sy hande wat vra vir kos, of geld of wat ookal en ons gekonfronteer word met dit waarvoor ons juis ons koppe wil wegdraai en hoop die volgende een het meer tyd of meer geld of meer omgee vir sy medemens.

Eintlik preek ek hier vir myself julle!  Ek mag dalk die spyker op die kop slaan vir een of twee van julle daar buite, maar die uitdaging aan myself is maar net weereens, deur vyf baie welsprekende dames, voor my neus kom hou.

Step Up! & Step forward!

2017 “Step Up & Step Forward”

Volgens die kalender  staan Januarie klaar weer einde se kant toe. Die meeste van ons is hopelik weer aan die gang na die heerlike  lang fees gety  alhoewel dit sekerlik nie sonder stampe en stote en bietjie protes hier en daar was nie.

Ek het besluit dat 2017 my jaar van “Step Up & Step Forward” gaan wees. Dit het my laat dink aan die quote wat sê “A comfort zone is a beautiful place, but nothing ever grows there” Groei is wat ek in 2017 wil ervaar, op alle terreine.

Ek het gewoonlik soveel idees en planne aan die begin van die jaar, maar die uitvoer daarvan word gewoonlik onder ‘n berg van verskonings begrawe, net om weer die begin van die volgende jaar afgestof en blink gevryf te word totdat die verskoning een vir een aan my deur kom klop en alles weereens op die rak bly lê.

Om meer gereeld my blog te skryf is een van daai dinge wat nie gebeur nie, maar nou kan ek sommer ‘n paar vlieë met een klap raak slaan en elke maand kom verantwoording doen van my doen en late en lewe buite my gemaksone.

Mag ek myself en julle nie teleurstel nie. Sterkte vir joú as daar enige iets is waarvoor jy die jaar op “gesign” het wat nie maklik gaan kom nie.

“Let’s Step Up & Step Forward”

slide-086-e1418094506205-500x315

Eks – Blogger

11

 

Ek word gereeld deur my man geterg dat ek ‘n “Eks-Blogger” is.” Wie ek? Nog nooit gesien nie!” Maar wel,  dalk het hy tog ‘n punt beet. Wat maak in elk van iemand ‘n Blogger? Is daar enige reëls? Om elke dag, een keer ‘n week, een keer ‘n maand of dalk selfs net een keer ‘n jaar te blog? Om ‘n Blog te hê?

Ek weet nie eers nie, maar dis vir my baie lekker om ‘n blog te hê, en ook nie te voel ek MOET elke dag of week of maand iets skryf nie. Dis vir my lekker om iets te kom skryf wanneer die gier my beetpak of as ek dalk iets op die hart het wat ek graag in woorde wil omsit. Of sommer net omdat ek lief is vir skryf!

Ek het myself nog nooit as ‘n fantastiese skrywer geklassifiseer nie, maar dis ‘n liefde wat reg deur my skool loopbaan deur al my wonderlike Afrikaanse Onderwyseresse gekweek is. Dis iets waarvoor ek hulle almal vir ewig dankbaar sal bly!

Ek het ook ‘n Engelse blog, maar daai enetjie is so bietjie van die pad af. Ek het die blog eintlik begin om my  Engelse skryf en taal vermoë so bietjie uit te brei en te verbeter, maar dit vat heelwat meer “effort” as in Afrikaans, so met die gevolg dat my arme Engelse blog so bietjie agter weë gebly het.

So is ek ‘n Eks- Blogger? Ek dink nie so nie! Ek’s maar net iemand wat dit soms geniet om iets te skryf en dit met ander te deel. Van ons is geseënd met baie woorde wat dit graag op ‘n daaglikse basis met deel en dan is daar andere, soos ek, met minder woorde maar ook graag gehoor wil word…